Rotten Tomatoes

Rotten Tomatoes
URL rottentomatoes.com
Kommersieel? Ja
Soort webwerf Rolprentresensies en -nuus
Registrasie Opsioneel
Gelanseer 12 Augustus 1998 (1998-08-12)
Huidige status Aktief

Rotten Tomatoes is ’n webtuiste wat in 1998 begin is en gewy word aan rolprentresensies en -nuus. Televisie word ook nou gedek. Die naam is afgelei van die ou gebruik dat gehore vrot tamaties gegooi het wanneer hulle nie van ’n verhoogoptrede gehou het nie. Die maatskappy is deur Senh Duong gestig en word sedert Januarie 2010 besit deur Flixster, wat op sy beurt in 2011 deur Warner Bros. oorgeneem is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search